 [ Back to Decor Archive ]
| Decor Archive Item By Elna |
Slim planne met strooikussingsGebruik strooikussings om uitdrukking te gee aan jou persoonlikheid in jou dekorskema.
Bepaal die doel van die stooikussings, bv. funksioneel: om jou rug te stut in 'n te diep bank. Dit is 'n maklike manier om met kleur in 'n vertrek te speel, bv. om 'n kleur of kleure in 'n gordyn of skildery te herhaal en sodoende 'n gevoel van eenheid en harmonie te kry.
Strooikussings is 'n ekonomiese manier om 'n vertrek af te rond. Indien die materiaal van jou drome te duur is vir gordyne, koop slegs 'n meter en maak kussings. Die gordyne kan dan van goedkoper materiaal gemaak word.
Die verhouding tussen die grootte van jou meubelstuk en kussings moet werk: bv. groot kussings by bonkige meubels.
Wissel die vorms af vir interessantheid en fokus. Pak bv. lang maer kussings voor groot vierkantige kussings.
Waag!Interessante vorms sal die fokus plaas op die kussing self. 'n Driehoekige kussing weerspieël waagmoed en pret. Gebruik groot pof-kussings in 'n neutrale kleurskema op 'n bank met 3 klein bloedrooi ronde kussings voor om bv. rooi in 'n skildery te herhaal.
Kontras in die ontwerp op materiaal bv. strepe, blomme ens. gee 'n meer informele ontspanne gevoel as dit saam gebruik word. Gebruik kontras in tekstuur in 'n meer formele vertrek. Bv. kombinasies van leer, suede, sy, wol met afrondings rondom in koord, krale, vere, skulpe ens.
Kussings kan seisoenaal afgewissel word sonder om 'n fortuin te kos. Gebruik slope wat ruilbaar is. Gebruik slope met diep, donker of warm kleure in die winter en vervang dit met helder, vrolike ontwerpe in die somer.
Raak kreatief! Maak kussings deel van herinneringe uitstal bv. maak 'n kussing in die materiaal van jou dogter se eerste uitgaanrok, jou man se ou syhemp (werk vas met kraag, knope, sak - net so), werk ouma se kralehandsakkie op 'n sierkussing of gebruik al ouboet se ou hempsknope op die kussings vir 'n seunskamer.
Moet nooit so baie kussings op 'n bank of stoel sit dat dit afgegooi moet word om te kan sit nie. Al is dit dekoratief, probeer prakties bly.
Kry nuwe binnekussings as die oues pap raak. Verweerde kussings skep die indruk van oud en afgeleef. Nou is jou kans. Dink nuut, en geniet dit om jou eie stempel om jou woonplek af te druk.
| |
|
 |
|
 |
|
| |
Tip of the Day |
|
Welcome to Paint & Decor DIY!
|
 |
|
 |
| | |
No specials running | |
 | | | Click here for more pocket-saving specials! |
 | |
 | |
| | | More Expert Advice: | |
|
|